Marie is 90 jaar jonk PDF Print E-mail
News - Ons Mense
Monday, 26 March 2018 14:18
Untitled Document

Marie van Rooyen van Cullinan het op 3 Maart 90 jaar oud geword en het die gebeurtenis met ’n groot makietie gevier. Daar was 80 mense van heinde en verre en haar seun het almal verras toe hy uit Nieu-Seeland daar opgedaag het.

Marie, ‘n nooi Maclean, is in Johannesburg gebore en was op Springs in die Engelse laerskool en in Benoni High School.


Tannie Marie en haar kleindogter Leoné

Sy was met Daan van Rooyen getroud en het twee kinders, Leon en Linda, en een kleinkind – Leon se dogter Leoné.

Marie woon in Cullinan by haar dogter. Haar verstand is nog baie helder en sy loop sonder ’n kierie. Sy kook elke dag, bak koek, haar eie brood en die heerlikste vetkoek.

 

© 2018 Die/The Bronberger