Patrollies gehou om misdaad te bekamp PDF Print E-mail
News - Aktueel
Monday, 26 March 2018 14:13
Untitled Document

Voertuig- en voetpatrollies is op die naweek van 2 en 3 Maart rondom die N4-Oos snelweg gehou in ‘n poging om die toename in gewapende roof en kwaadwillige saakbeskadiging hok te slaan.

Lede van Boschkop SAPD onder die bevel van stasiebevelvoerder, luitenant-kolonel Monyai het die patrollies saam met lede van veiligheidsmaatskappye en gemeenskapsgroepe gedoen.


Adjudant-offisier Kobus Ras, links, en Boschkop se stasiebevelvoerder, luitenant-kolonel Monyai, regs, saam met lede van die gemeenskap en sekuriteitsmaatskappye

Luitenant-kolonel Monyai het gesê die polisie waardeer elke lid van die gemeenskap en sekuriteitsmaatskappye se deelname aan die misdaad-voorkomingsaksie. Dié patrollies sal voortaan regdeur die Boschkopse Polisiestasie-gebied gedoen word om gewapende roof te voorkom.

In Februarie was daar verskeie misdaad-insidente naby die Donkerhoek/Boschkop-afrit van die N4-Oos snelweg. ‘n Man is in die kop geskiet nadat hy van die snelweg afgetrek het omdat sy motor se band deur ‘n stuk metaal beskadig is.

Klippe en stukke beton is in ander insidente vanaf die Donkerhoek/Boschkop-afrit se brug oor die snelweg, op verbygaande voertuie gegooi.

 

© 2018 Die/The Bronberger