Verlore vriendin PDF Print E-mail
News - Briewe
Monday, 26 March 2018 14:10
Untitled Document

Annelie Steyn van die Bronberg-gebied skryf:
Ek verwys na die artikel in Februarie se Bronberger oor Francette Roux. 

Groot was my verbasing toe ek die artikel sien. My moeder en Francette was jarelange vriendinne en het met tyd kontak verloor. My ma is nou woonagtig in die Kaap maar wil baie graag met haar kontak maak. 

Graag sal ek ’n kontaknommer van haar wil hê indien moontlik. 

Die Bronnie het ‘n hele paar telefoonoproepe oor Francette se porselein ontvang. Ons het Annelie se kontakbesonderhede vir Francette aangestuur. Annelie, wat voor Francette grootgeword het, sê Francette het haar ma gebel en dié twee was glo in trane van blydskap. Danksy die Bronnie maak Annelie se ma nou planne om te kom kuier. – Red

 

© 2018 Die/The Bronberger