Uitstekend PDF Print E-mail
News - Briewe
Monday, 26 March 2018 14:08
Untitled Document

Dr Roy Williams van Zwavelpoort skryf:
Enige iemand wat op ’n kleinhoewe in die Bronberg-area woon, sal waarskynlik een of ander tyd besluit om van sy geboue op te knap of nuwe aanbouings te doen. Die uitdaging is om ’n ervare, betroubare bouer te kry teen ’n bekostigbare prys – iets wat deesdae baie skaars is.

Ek het onlangs besluit om ’n vervalle woonstel op my kleinhoewe op te knap. Ek het ’n hele paar kwotasies aangevra en was verras oor een kwotasie wat 20% tot 30% laer was as enige van die res.

Dit was Des James, met meer as 30 jaar ondervinding in alle aspekte van bouwerk insluitend elektrisiteit, loodgieterswerk, riolering, teëlwerk, plafonne en ingeboude kaste, met sy vrou Vanessa wat kombuise ontwerp en installeer.

Die eens bouvallige woonstel het binne ’n paar maande ’n metamorfose ondergaan wat al my verwagtinge oortref het. Des hou persoonlik toesig oor sy werkers, het jarelange ervaring en is trots op sy werk. Die bou-episode, wat gewoonlik ’n stresvolle ondervinding kan wees, was ’n heel verrykende ervaring wat op ’n opregte vriendskap uitgeloop het.

Brief verkort. – Red 

 

© 2018 Die/The Bronberger