Pragtige voorblad PDF Print E-mail
News - Briewe
Monday, 26 March 2018 14:07
Untitled Document

Estelle Pretorius van Rayton skryf:
Ek wil net sê baie, baie dankie vir die pragtige voorbladfoto van die Februarie-uitgawe van die Bronnie! Dit laat my hart sommer pyn van verlange na my ou geliefde Vrystaat.

Ek is ’n Vrystater in murg en been, maar woon nou in Rayton. Die hart trek natuurlik steeds punt, terug Vrystaat toe, veral omdat ons enigste kleinkind in Bloemfontein woon.

Ek het vir ’n paar jaar in Phuthaditjhaba (QwaQwa) gewerk, en moes elke dag pendel vanaf Harrismith.

Hierdie tyd van die jaar was die kosmosblomme langs die pad en in die boere se lande ’n belewenis om te sien! ’n Mens wou eintlik sommer tussen hulle gaan rondrol – letterlik plate en plate van pienk, wit en donkerpienk.

Baie, baie dankie vir julle pragtige tydskrif – ons geniet dit so baie en kan nie wag vir elke nuwe uitgawe om op die rakke te verskyn nie.

Die Bronnie verdien net mooi woorde en komplimente, en julle ook vir al julle harde werk; alles sodat ons die interessante leesstof wat die Bronnie bied, kan geniet. Hou so aan!

Brief verkort. Estelle het ook ‘n gedig oor kosmosse gestuur, waarvoor daar ongelukkig nie plek is nie. – Red

 

© 2018 Die/The Bronberger