Ons moet herbesin PDF Print E-mail
News - Briewe
Monday, 26 March 2018 14:07
Untitled Document

Henri Combrink, veiligheidvoorsitter van TLU Sentraal Streek skryf:
In die lig van die verswakkende veiligheidsituasie in landelike gebiede en die moontlike verdere verswakking van die situasie is dit belangrik dat ons moet herbesin oor hoe en wat ons doen oor veiligheid.

Dit is duidelik dat wat ons tans doen en hoe ons veiligheid benader, nie werk nie. Ons staan op 68 aanvalle en 11 moorde hierdie jaar – 18 aanvalle en twee moorde in Gauteng.

Ons sal ons gewoontes en siening van ons veiligheid drasties moet verander om aan te pas by die verhoogde bedreiging op plotte en plase. Dit is egter onmoontlik om alle moontlike situasies te voorsien maar daar is tog maniere hoe ons baie van die situasies kan voorkom.

Die probleem waarmee ons sit is dat baie mense dink dit sal nie met hulle gebeur nie. Baie mense is apaties en onbetrokke by veiligheidstrukture. Eiendomme is afgesonder en ver van die naaste bure.

Daar is baie kwesbare ouer en alleenlopende mense op plotte en plase.

Gemeenskapsveiligheidstrukture moet die kwesbare inwoners identifiseer en daar gaan help met raad en planne om te help met teikenverharding.

Kontak my by 082-552-9428 of This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

Brief verkort. – Red

 

© 2018 Die/The Bronberger