Kaart en transport PDF Print E-mail
News - Briewe
Monday, 26 March 2018 14:05
Untitled Document

Daniel Cornelius Malan van Brandbach skryf:
Ek is in besit van my grootoupa DC Malan se koopkontrak van die plaas Brandbach in 1847. Ek wil vra of ek dit vir julle kan aanstuur om sodoende ’n kettingreaksie te begin van mense wat ook oor sulke bewys-dokumente beskik. Dit sal wys dat ons voorouers nie rampokkers was nie. 

My idee is nie om politiek in ons pragtige tydskrif in te bring nie, maar om mense bewus te maak dat daar eerlike, opregte Christen-mense was wat grond gekoop het en dat die betalings aanvaar was.

Veral vir ons jeug sal so ’n openbaring goeie gevolge hê.

Ek sal naarstigtelik moet soek, want ek het 170 jaar se briewe en koopbewyse van saad en grond wat in kratte gestoor is.

As dit reg is met Die Bronberger sal ek begin soek. Dis ’n groot taak en besluit vir julle, want ek vermoed die repliek kan oorweldigend word.

Brief verkort. – Red

 

© 2018 Die/The Bronberger