Dinge om te doen! PDF Print E-mail
News - Kommentaar
Saturday, 24 February 2018 11:45
Untitled Document

Dinge-om-te-doen is terug! In Maart maak dié gewilde tema-artikel ná ‘n afwesigheid van vier jaar weer sy welkome verskyning in die Bronnie.

‘Dinge om te doen’ is in 2008 die eerste keer geplaas om as gids te dien van alles en nog wat waarmee mense hulle in die Bronberg-gebied kan besig hou. Die idee is destyds gebore uit die magdom navrae wat die Bronnie daagliks gekry het van mense wat wou weet waar hulle in ons gebied kon gaan kuier, uiteet, oornag, perdry, visvang, wildkyk, kuns geniet, stokperdjies beoefen, wandel, piekniek hou en dies meer.

Dit was van meet af aan ‘n reuse-sukses onder ons lesers. Terselfdertyd dien dit as bonus-blootstelling aan ons adverteerders wat moeilik elders oortref sal kan word.

Ons nooi alle ondernemings in ons gebied wat by dié tema kan inskakel, om vir ons lesers te vertel wat hulle daar kan doen. Adverteerders word gratis in die dinge-om-te-doen-gids opgeneem.

As deel van dié tema-artikel kry hulle waardevolle en langdurige blootstelling. Lesers raadpleeg dié uitgawe van Die Bronberger jaardeur en op ’n gereelde basis. Ook adverteerders wat nie noodwendig deel vorm van ‘Dinge om te doen’ nie, vind baie baat daarby, omdat dié betrokke tydskrif ’n uitsonderlike lang raklewe het, en gereeld oopgemaak word. Op ons webwerf wys die trefslae dat die Dinge-om-te-doen-artikels by verre die heel gewildste item is.

Maak baie seker dat jy en jou onderneming baat vind by die bonusblootstelling wat ons
Dinge-om-te-doen-uitgawe bied en bespreek nou jou advertensie. Dis die slim ding om te doen.

Om te adverteer en gratis deel te word van die Bronnie se gewildste tema-artikel, bel Tania by 072-089-0227, of stuur ’n e-pos aan This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of bel ons by 012-734-0522, of stuur ’n e-pos na This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it . Die afsnydatum vir besprekings is Dinsdag 13 Maart.

 

 

 

© 2018 Die/The Bronberger