Het jy gehoor? / Have you heard? - Feb2018 Print E-mail
News - Het Jy Gehoor
Saturday, 24 February 2018 13:34
Untitled Document


Ricus Nel tree op 10 Maart om 7 nm op by die Hervormde Kerk, Cullinan op die hoek van Zonderwaterweg en die R515. Kaartjies kos R130. Kerrie en rys teen R35 kan vooraf bestel word. Bespreek by Alta: 082-682-1252.

~*~


Fijnwyn Bubbles is die naam van die 13e Fijnwyn Wyn- en Kosfees wat op die vakansiedag, Woensdag 21 Maart van 10 vm tot 5 nm gehou gaan word. Die fees word in ‘n pekanneut- en amandel-plantasie by Shokran, plot 99, Luiperdstraat in Tierpoort gehou. Meer as 20 wynlandgoedere, insluitende Lourensford, Weltevrede en Lormarins van Antonij Rupert, neem deel aan die dag. Behalwe vir die wynproe gaan daar ook deli-styl eetgoed, musiekoptredes en vermaak vir kinders wees. Toegang vir volwassenes is R160, wat wynproe en ‘n glas insluit, kinders van 12 tot 18 jaar betaal R50 toegang en kinders onder 12 gaan gratis in. Bel Charmaine by 082-335-5659 of stuur ‘n e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .  

~*~


Chris De Burgh hou dié jaar ‘n spesiale 25ste herdenkingstoer in Suid-Afrika. Hy tree op 2 Maart om 8.30 nm op by Time Square, Aramistlaan 209, Menlyn. ‘Spanish Train and Other Stories’ was Chris se eerste groot treffer in Suid-Afrika en ‘Just another poor boy’ uit dié album was vir baie weke nommer een op die trefferparade. Op sy SA toer sing hy gunstelinge soos ‘High on emotion’ en ‘Lady in Red’, wat nommer een in 50 lande was. Kaartjies kos R460 tot R800. Skakel 086-084-6377.

~*~

Cindy Burns said that the three men who worked night shift on Saturday 3 February at the Engen Garage in Rayton saved her life. She stopped there very early in the morning and said if it wasn’t for them, “I would have been in very great danger from those two guys”. “Thank you for keeping me safe.”

~*~


Die Charl du Plessis Trio is terug nadat hulle ’n gesogte SAMA-toekenning vir Baroqueswing Vol 2 gewen het. Hulle voer Baroqueswing Vol 3 op 4 Maart om 6 nm op by die Atterbury-teater. Dié musikale reis bestaan uit treffers van Bach en Vivaldi tot Jazz komposisies van Chick Corea en Duke Ellington. Charl du Plessis is ‘n bekroonde Steinway pianis, Werner Spies is op baskitaar en Peter Auret op dromme. Kaartjies kos R180 tot R240. Die teater is in Daventrystraat 4, Lynnwood Manor. Skakel 012-942-5951.

~*~


Andre The Hilarious Hypnotist is performing at the Rockwood Theatre on 7 March at 8.30 pm. No two shows are ever the same as the show’s strength lies in the fact that every night’s volunteers are completely different. With every person reacting differently to Andre’s suggestions, not even Andre knows what to expect when he steps up on stage. You can expect two hours of side splitting hilarious hypnotic entertainment. Tickets are R150. The theatre is in Garstfontein Road, Moreleta Park. Call them at 012-368-1555.

~*~


Brendan Peyper tree op 9 Maart van 9 nm tot 11 nm op by Rafters. Kaartjies kos R100. Snotkop, bekend vir sy kletsrymvaardighede, energiebelaaide ritmes en tong-in-die-kies lirieke, tree op 20 Maart om 7 nm op. Kaartjies kos R120. Bespreek by 071-610-2132 of 082-600-3469. Rafters is op die hoek van Blesbokstraat en Garstfonteinweg, oorkant Mooikloof.

~*~


‘n Kursus oor die hantering van giftige slange word op 10 Maart by Funny Farm Lodge, Boekenhoutskloof in die Cullinan-distrik gehou. Die koste is R550 per persoon, wat alle kursusmateriaal en middagete insluit. Die kursus behels die uitken van slange, die behandeling van slangbyte en hoe om giftige slange te hanteer. Bespreek by De Waal Venter: 071-180-9065 of This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

~*~


Elvis se Seun tree op 9 Maart vanaf 7 nm op by Weiveld. Kaartjies kos R50. Karen Zoid tree op 10 Maart vanaf 7 nm op. Kaartjies kos R100. Weiveld is op die hoek van die Boschkoppad en Lynnwoodweg-verlenging. Skakel 071-471-6698.

~*~


Boersjiek (Laughing Chefs) hou op 25 Maart van 9 vm tot 4 nm ‘n kunsmark. Die doel is om ‘n platform te skep vir plaaslike kunstenaars en skeppende siele om uit te stal en hulle kuns- en handwerk te verkoop. Daar is geen uitstallingsfooi nie. Bel Maggie by 082-823-7846 of Esrida by 072-511-4946 of stuur ‘n e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it . Die uitstalling is op plot 274, Lynnwoodweg-verlenging, Tierpoort.

~*~


Die Windpomp Handwerkmark is op Saterdag 24 Februarie van 8 vm tot 2 nm by Broodblik en Koffiepit op die R51 tussen Bapsfontein en Petit. Bel Adele by 083-445-1608.

~*~


Friends of the Rail se volgende stoomtrein-uitstappie na Cullinan is op 25 Maart. Die trein vertrek om 8 vm vanaf Hermanstadstasie en staan vir ongeveer vier ure oor. Kaartjies kos R320 vir volwassenes, R270 vir pensioentrekkers en mense met gebreke, R240 vir tieners en R160 vir kinders van vier tot 12 jaar oud. Skakel 012-767-7913 of 082-098-6186

 

 

© 2024 Die/The Bronberger