Grondeis vir Mooiplaats PDF Print E-mail
News - Aktueel
Saturday, 24 February 2018 11:33
Untitled Document

Die Transvaalse Landbou-unie (TLU) is dringend op soek na die eienaars van gedeeltes 600, 659, 660 en 661 van Mooiplaats 367 JR rakend grondeise.

Grondeise op Mooiplaats is in die Staatskoerant van September 2017 gepubliseer. Volgens dié uitgawe van die Staatskoerant behoort gedeelte 600 aan Mcdermid Clinton, Claude en Galloway en Dale Brenda. Die akte van oordrag-nommer is T30954/2010.


Lynette du Plessis van die TLU

Gedeelte 659 behoort aan George Meyer en die akte van oordrag-nommer is T44107/1988.
Gedeeltes 660 en 661 behoort aan Stephanus Petrus Meyer en Irene Roubaix Louw en die akte van oordrag-nommer is T22286/2014 en T80161/2015.

Indien iemand die eienaars ken of kan laat weet, bel die TLU se Lynette du Plessis by 012-804-8031 of stuur ‘n e-pos na: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .  

 

 

© 2018 Die/The Bronberger