Rower op Rooikoppies doodgeskiet PDF Print E-mail
News - Aktueel
Saturday, 24 February 2018 11:33
Untitled Document

‘n Rower is doodgeskiet met ‘n plaasaanval op 9 Februarie by Rooikoppies, net buite Rayton.

Drie mans, gewapen met messe, het om 3 vm toegang tot ‘n bejaarde man se huis op sy kleinhoewe gekry terwyl hy geslaap het. Die man is vasgebind en die huis is geplunder.

‘n Familielid, wat in ‘n ander huis op dieselfde hoewe bly, het tot sy oom se redding gekom nadat hy die honde hoor blaf het. Die verdagtes het met huisware gevlug. Elektriese toestelle is later ‘n paar meter van die huis deur die polisie en die honde-eenheid gevind.

Kaptein Gertzen, waarnemende stasiebevelvoerder van die Cullinanse Polisiestasie, en kaptein Du Toit, bevelvoerder van die speurtak, het die slagoffers op hulle kleinhoewe gaan besoek. Hulle het gesê dat pogings versterk sal word om inwoners veilig te hou.

Niemand is teen die Bronnie se spertyd nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

 

 

© 2018 Die/The Bronberger