Trevor Nasser kom kuier PDF Print E-mail
News - Ons Mense
Saturday, 24 February 2018 11:29
Untitled Document

Musikant Trevor Nasser het op 30 Januarie ‘n opvoering by die NG Gemeente Rayton gehou.
Dié gemeente se Kuierhoekie het gaste van ander kerke in die omgewing uitgenooi en belangstellendes het opgedaag van: NG Kerk Premiermyn, APK Rayton, Gereformeerde Kerk Cullinan, NH Kerk Cullinan en Die Lewende Woord.


Trevor Nasser se optrede

Die oggend was ‘n reuse sukses en Trevor het die gaste met mandolien- en kitaarspel vermaak. Ná die tyd is die gaste met koek, tee en koffie onthaal.


Gaste het weggelê aan die eetgoed wat deur die Kuierhoekie voorberei is

 

 

© 2018 Die/The Bronberger