Mooikloof-egpaar aangeval PDF Print E-mail
News - Briewe
Monday, 20 April 2009 09:18
Untitled Document

Helené en Willie van Zyl van Mooikloof skryf:
Braai liewer jou tjoppie binnenshuis, dit is die wyse raad van Helené en Willie van Zyl. In die vroeë oggendure om 2:45 op Vrydag 27 Maart is ons in ons slaapkamer in Mooikloof deur vier gewapende rowers aangeval.

Byna 10 jaar van ’n sorgvrye lewe in Mooikloof omring deur jou poue, tarentale en natuurskoon het in ’n oogwink verdwyn en is gevul met angs, vrees, nagmerries en wanhoop. Om so wreed ontnugter te word en vasgebind en aangerand te word, en dan van jou besittings gestroop te word is onbeskryflik angswekkend. Dis selfs veiliger in Irak as hier, het ’n vriend via die Internet ons meegedeel na die artikel wêreldwyd, soos in ‘Beeld’ gepubliseer is, gelees was deur ons buitelandse vriende.

Die rowers het ’n gat in die nuwe enkelbaksteen sekuriteitsmuur van Mooikloof “geskop” en daardeur binne gekom. Met die uitgaan met al die gesteelde goed soos kontant, kameras, vuurwapens, selfone en juwele kon hulle nie die gat kry nie en het die elektriese heining geknip. Ons is gestroop van ons sorgelose bestaan en weet nie waarheen om te gaan nie, Paternoster, Koekenaap of oor die blou waters na Australia? Tyd sal leer, vir nou het hul ’n “safe cell” vir ons gebou, soos ’n papegaai- hok en alles wat daarmee saam gaan.

Ons wil net baie dankie sê vir ons bure Venete en Harold Kleyn vir die opregte ondersteuning, blomme en hulp tydens hierdie donker tyd ook aan Protea/Coin, Christo Scholtz en Phillip vir hulle bystand. Ons waardeer dit uit die diepte van ons hart. Hy wat die reënboog verf, het ’n doel met ons lewens en dit is hoekom ons nie dood geskiet is nie.

 

© 2019 Die/The Bronberger