Wat nou? PDF Print E-mail
News - Briewe
Saturday, 24 February 2018 11:25
Untitled Document

Basil Baker van Pretoria skryf:
‘Strong protest against new city cleaning levy’: Ek het hierdie artikel gelees in die Desember 2017 uitgawe van Die Bronberger – rakende die ekstra heffing wat Stad Tshwane nou hef op vullisverwydering.

Volgens die artikel is die stadsraad in gebreke omrede hulle nie die nodige goedkeuring gekry het nie.

Ek verhuur winkels in Pretoria maar die stadsraad maak dit al duurder om die winkels te verhuur, gevolglik kan dit veroorsaak dat ’n perseel vakant word en bly, wat my dan ook sal verhoed om die buitensporige grondbelasting te kan betaal.

Kan u miskien die artikel aan my verduidelik en sê wat die volgende optrede gaan wees van die inwoners van Pretoria rakende nie-betaling van die heffing, en aandring op ’n terugbetaling?

Ons het vir Lex Middelberg, voorsitter van die Tshwane Geldsake Koukus (TGK), genader vir kommentaar. Hy het laat weet dat die Stad Tshwane nog nie reageer het op TGK se verlengde spertyd om wesentlike inligting oor hierdie ekstra heffing te gee nie. – Red

 

© 2018 Die/The Bronberger