Verslind Bronnie PDF Print E-mail
News - Briewe
Saturday, 24 February 2018 11:24
Untitled Document

Martie Ferreira van die Bronberg-gebied skryf:
Baie dankie vir ’n uitstekende tydskrif. Ek kan behoorlik nie wag om die volgende tydskrif te ontvang nie, en verslind elke artikel, verhaal en advertensie in dié pragtige tydskrif.

Ek hou daarvan om papier tussen my hande te voel; dan lees ek op my lekkerste. En alles so uit ons eie bodem.

Ons ontdek nuwe eetplekke en het ons gate uit geniet by die Broodblik en Koffiepit restaurant. Ai, pap en kaiings het nog nooit so lekker gesmaak nie.

 

© 2018 Die/The Bronberger