The Boschkop Police station reported that many fire-arm licences are awaiting collection. If not collected within three months, the licences will be sent back to the Flash office in Pretoria. All approved applicants who applied for fire arm licences at the Waltloo registry centres and stay in the Boschkop area should collect their licences at the station. Call captain Ngwanduli at 012-802-8244 or 082-754-6380 or send an e-mail to:
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
.
~*~
Die Boskombuis vier hulle twintigste verjaardag op die naweek van 26, 27 en 28 Januarie. Vrydag 26ste: ‘n Dans met Werner Rossler wat musiek maak. R50 per paartjie en R30 vir enkellopendes. Saterdag 27ste: Potjiekoskompetisie met ‘n R50 inskrywingsfooi. Deelnemers moet al hulle eie goed saamneem. Sondag 28ste: Sondag-spyskaart met baie spesiale aanbiedinge. Die Boskombuis is op plot 65, Donkerhoek, naby die N4-Oos-snelweg. Bel Renee: 083-485-2529 of stuur ‘n e-pos:
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
.
~*~
Valentynsaand, Woensdag14 Februarie beloof om sommer groot liefdespret te wees, sê Johann Broodryk. Ervaar ’n rit op ’n stadige oop dubbeldek-musiekbus met die mooiste sonsondergang in die ooste op die Bronberg-toerismeroete en Mooikloof-uitbreidings. Smul aan pizzahappies, geniet ’n gastronomiese braai-ete met koeksisters, en dans ou honde uit die bos uit. Talle geskenkbewyse gaan uitgedeel word. Ter ere van die ewige liefde gaan gaste in rooi getooi wees. Die vertrekpunt is Mimmos, Moreletapark vanaf 5 nm, en die groot gekuier by LJ’s in Tierpoort. Die bus vertrek om
10 nm weer terug. Enkellopendes is ook welkom. Die koste is R220. Bel Johann Broodryk by
083-432-9052.
~*~
Vir Valentynsdag hou die Cullinan Premier Hotel ‘n Great Gatsby driegang romantiese ete en dans teen R220 per persoon, wat ‘n bottel vonkel rosé en ‘n rooi roos vir jou geliefde insluit. Daar is ‘n romantiese naweek-wegbreekpakket teen R2 880 wat verblyf vir twee nagte by die hotel, ‘n driegang romantiese ete, ‘n rug en skouermassering vir ‘n paartjie, ‘n self-bestuur erfenisfietstoer van die dorp Cullinan, ‘craft’ bierproe vir twee by die Cockpit Brewhouse en afslag koopbewyse vir avontuur-aktiwiteite insluit. Bespreek by 012-734-1810 of stuur ‘n e-pos:
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
.
~*~
Galagos Landgoed hou ‘n spesiale vyfgang Valentynsdagete op 14 Februarie teen R265 per persoon. Bespreek by 082-823-1812 of
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
. Neem die Cullinan/Rayton afrit vanaf die N4-Oos snelweg. Draai regs op die R515. Na 1 km draai regs – Galagos is 1,6 km verder aan die linkerkant.
~*~
The Friends of the Faerie Glen Nature Reserve will have an invasive plant hack on 18 February at 7:30 am. The photograph shows Francois Neethling, right, and Mark Pretorius with the octopus-like Lantana they popped with the tree-popper at a previous hack. Meet on the lawn in front of the entrance building. Take your own lopper or pruning shears, hand-saw, gloves, hat, working shoes and water. Contact Louise Kritzinger, chairperson, at 072-275-0614 or
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
.
~*~
Die volgende Kimiad Kos-, Kuns- en Plaasmark is op Saterdag 27 Januarie van 9 vm tot 3 nm. Daar is ‘n piekniekplek, kraampies met kos en handwerk, kunstenaars wat optree, ‘n pretdraf en speelplek vir kinders. Die mark is by die Kimiad gholfbaan in Wekkerstraat, Moreletapark. Skakel 082-881-0104.
~*~
The next vegan food market is on 11 February from 9 am to 4 pm at Klitsgras Drumming in Tierpoort. There will be a big variety of stalls selling food, cosmetics and produce; games for all ages with the focus on family and friends; music interaction for children and a live act to entertain the adults. Well-behaved pets on leashes are welcome. The day starts at 8.30 am with meditation by Wiam Otto. At 9 am there is yoga with Nadya Booyse, at midday the live music starts and the guest speakers come on at 1 pm. Phone Nina: 084-207-2914; Henry: 072-187-2986; or Melissa: 073-151-4392. The market is on the corner of Tierpoort and Leribisi Roads.
~*~
Prime Circle tree op 3 Februarie om 8 nm op by Atterbury-teater met ‘n opvoering van hulle nuwe album, ‘If You Don’t You Never Will’. Dié groep het drie jaar geneem om die album op te neem en is op pad na ‘n toer in Duitsland. Kaartjies kos R200 tot R230. Die teater is in Daventrystraat 4, Lynnwood Manor. Skakel 012-942-5951.
~*~
Ons verneem die groot advertensiebord van Shalom Eiendomme, wat langs die ingangspad na Rayton gestaan het, het oornag spoorloos verdwyn. Ons verstaan dit is nou die voor- en een symuur van ’n splinternuwe huis in die woonbuurt langs die asgate.
~*~
Die Cowhouse Dag- en Nagmark is op 27 Januarie van 4 nm tot 10 nm in die hartjie van die ou Malleson melkplaas op Hazeldean. Daar is ‘n verskeidenheid kraampies, eet- en drinkgoed en vermaak. Toegang is gratis. Die mark is op die hoek van Ridgestraat en Silver Lakesweg. Skakel 072-399-0154.
~*~
The next Banting Food Market is on 3 February from 9 am to 1 pm at the Pretoria National Botanical Gardens, 2 Cussonia Avenue, Brummeria. The market is for dedicated banters, those trying to cut out sugar and high carbs or just people who strive to live a healthier lifestyle. Products are preferably grown, baked and processed by the stallholder. The aim is to put the consumer in contact with the producer and to provide local, fresh, quality produce. Entrance is free when you enter through the gate at the end of the parking lot. Phone the organisers at 079-527-4902.
~*~
Neil Somers tree op 27 Januarie by Die Weiveld op. Kaartjies kos R50 en die deure open om 7 nm. Weiveld is op die hoek van die Boschkoppad en Lynnwoodweg-verlenging. Skakel 071-471-6698.
~*~
Die eerste Windpomp Handwerkmark van die nuwe jaar is op 27 Januarie van 8 vm tot 2 nm by Broodblik en Koffiepit op die R51 tussen Bapsfontein en Petit. Bel Adele by 083-445-1608.
~*~
Brent Record stal van 3 tot 21 Februarie uit by ArtBox. Brent het reeds 25 solo uitstallings oor drie dekades aangebied. Hy stal sy collage-kunswerke uit en sê sy doel is nie om blote dekoratiewe samestellings te maak nie; die collages moet ‘n nuwe betekenis openbaar, ‘n stemming of emosie, iets inhoudeliks, al is hulle soms speels en pittig. Die opening is op 3 Februarie om 6.30 nm by Skilpadweg 86, Monumentpark. Skakel 083-384-2402 of 012-346-0710.
|