Boodskap van vrede vir seniors PDF Print E-mail
News - Ons Mense
Friday, 26 January 2018 14:24
Untitled Document

Agt-en-sestig mense het die Tierpoort Seniors se jaareindfunksie in Desember by Maryna Steyn se Royal Jontica-kasteel bygewoon.


Andrè Fourie met die vrylating van die duiwe

Die gaste is in die binnehof met ‘n rooi kersielikeur welkom geheet. In die ruim saal is die rooi en silwer tema met die dekor en tafelversierings herhaal. Daar was ‘n boodskap van ‘Vrede’ deur Hanelie Jaume, gevolg deur ‘n loslating van wit duiwe gereël deur Esmè Espag. Die duiwe is deur Hannes Malherbe en Andrè Fourie, wat baie ernstige gesondheidsprobleme ervaar het, vrygelaat.


Die seniors luister aandagtig na Hanelie Jaume se boodskap van vrede

Die voorgereg was verkilde tamatiesop met pikante kruie, gevolg deur koue vleis en kalkoengeregte, vergesel van ‘n verskeidenheid slaaie en souse. Die maaltyd, sowel as die cassata-roomys, is deur die komitee voorberei.

 

© 2018 Die/The Bronberger