Inwoners boos oor water by begraafplaas PDF Print E-mail
News - Aktueel
Friday, 26 January 2018 14:19
Untitled Document

Gereelde waterlekkasies by die Pretoria-Oos Begraafplaas het inwoners die josie in.

Stephan Oberholzer van Zwavelpoort, ’n gereelde besoeker aan dié begraafplaas, sê dat daar elke keer as hy by die begraafplaas aankom ’n ernstige lekkasie is. “Daar is ’n plakkerskamp aan die grens van die begraafplaas en dit is moontlik dat dié inwoners verantwoordelik is hiervoor.”

In die eerste week in Januarie het iemand ’n kraan uitgedraai en die water het onophoudelik by die ondergrondse pyp uitgestroom.

Die Bronberger het die lekkasie onder die wyksraadslid vir dié gebied, Reyaan Uys, se aandag gebring. Hy het die saak by die stadsraad aangemeld en het dit verder geneem met die streekspan.


Waterlekkasie by Pretoria-Oos Begraafplaas, 7 Januarie
Foto: Stephan Oberholzer

Reyaan sê dat hy voorheen soortgelyke lekke by die betrokke spanne aangemeld het en dat dit elke keer herstel is. “Ongelukkig blyk dit asof dit van tyd tot tyd terugkeer,” sê hy.

Volgens Reyaan kan inwoners klagtes lê by die metroraad se kliëntedienssentrum per e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of telefoon: 012-358-9999.

Wanneer dit gebeur moet inwoners daarop aandring dat ’n verwysingsnommer gegee word sodat Reyaan dit met die betrokke departemente kan opneem as die probleem nie aandag kry nie.

Hy sê dat navrae oor die plakkerskamp direk aan lid van die burgemeesterskomitee, Mandla Nkomo, gestuur kan word by This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

Inwoners word aangemoedig om met raadslede in die Bronberg-omgewing se wyke te praat.
Wyk 91 sluit gebiede soos Mooikloof, Woodhill, Olympus en Zwavelpoort in. Praat met Reyaan Uys: 082-968-0211 of This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .
Wyk 101 sluit gebiede soos Silver Lakes, Shere, Mooiplaats, Tierpoort, Boschkop, Donkerhoek en Tweedracht in. Praat met Mike Strange: 076-701-5286 of This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .
Wyk 100 sluit die Rayton- en Cullinan-distrik in. Werner Mostert is nie die raadslid vir die gebied nie, maar hy kan genader word met probleme by: 082-763-5814 of This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
Wyk 85 sluit gebiede soos Willow Glen en Wapadrand in. Praat met Jacqui Uys by 084-810-3431 of This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
Wyk 44 sluit Faerie Glen in. Praat met Ernst Botha by 076-133-9757 of This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
Wyk 45 sluit gebiede soos Garsfontein, Moreletapark en Elarduspark in. Praat met Leo Middelberg by 083-677-2334 of This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

 

 

© 2018 Die/The Bronberger