Toring is oogseer PDF Print E-mail
News - Briewe
Friday, 26 January 2018 14:16
Untitled Document

Gideon van Zyl van die Bronberg Bewarea skryf:
Ek wonder of iemand moontlik weet of hierdie onooglike toring van Telkom wat teen die inwoners se wense ’n klompie jare gelede op hoewe 35 in die Bronberg Bewarea opgerig is, nog funksioneer of enige doel dien en deur watter instansie dit ‘bestuur’ word?


Die Telkom-toring in die Bronberg Bewarea

Die rooi waarskuwingslig bo-aan die toring (35 meter hoog), wat glo ’n burgerlugvaart- vereiste is, skyn jare reeds nie meer nie. Die skottels is aan flarde en kabels hang slordig teen die toring af. Voorwaar ’n oogseer in ons mooi omgewing.

 

© 2018 Die/The Bronberger