Nuwejaarswolk PDF Print E-mail
News - Briewe
Friday, 26 January 2018 14:14
Untitled Document

Anoniem van Rietfontein skryf:
Die inwoners van Kaalfontein en Rietfontein het laat die middag van 1 Januarie ‘n swart rookkolom in ‘n oostelike rigting gesien. Na navrae het die Legemaats per Whatsapp laat weet dat hulle ou boomstompe brand en dat alles onder beheer was.

Sekondes later het die grys rook in digte swart rook verander wat die hele Rietfontein-gebied oorweldig het. Die rook was so dig en stink dat die inwoners hulle huise se vensters moes toemaak. Dit was duidelik dat die rook van brandende motor-buitebande afkomstig was.


Die donker rookwolk

Een van die inwoners het die Legemaats gebel en laasgenoemde het bevestig dat hulle buitebande brand. Gee hierdie mense dan so min vir hulle bure en vir die omgewing om dat hulle in staat is om die lug wat ons inasem so te besoedel?

Die foto is ongeveer 3 km van die rookwolk af geneem.

Die Bronberger het die Legemaat-gesin genader om kommentaar op bostaande brief te lewer. Hulle het dankie gesê vir die geleentheid, maar het besluit om nie te antwoord nie. – Red

 

© 2018 Die/The Bronberger