Nagapie-projek PDF Print E-mail
News - Briewe
Friday, 26 January 2018 14:14
Untitled Document

Adriaan Theron van Pretoria-Oos skryf:
My naam is Adriaan en ek is in graad ses. Ek is op soek na inligting oor nagapies in die ooste van Pretoria vir my ekspo-projek.

Met my projek probeer ek uitvind hoeveel nagapies nog in ons omgewing is. As iemand nagapies in hulle tuin of plot het, of weet van nagapies in die omgewing, sal ek baie graag daarvan hoor.

Die gebied waarin ek belangstel om inligting oor nagapies te kry lê tussen die N4-snelweg in die noorde, die Moreletaspruit in die weste, Boschkop- en Mooiplaatspaaie in die ooste en Lynnwoodweg in die suide.

Stuur asseblief dringend ‘n kort e-pos na This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .  Ek wil baie graag hoor van julle.

 

© 2018 Die/The Bronberger