Liewe oom Kersvader en Tannie,
Dis al weer ek oom, Daantjie van Donkerhoek, en ek het regtig perbeer om baie soet te wees die jille jaar lank. As oom die paar ou glipsies kan virgeet, wil ek vir Kersfees graag ‘n groot visstok met ‘n penketrol hê en ‘n groot, swart trekkertjoep, asseblief oom. Ons gaan see toe, oom.
Oom-hulle hoef nie die tjoep op te blaas nie – anners vat hy te veel plek. Ons sal dit sommer self by die see se keraats doen, oom. En oom kan vir Dolfie, my boetie, van daai grafies en emmirtjies bring waarmee die kleintjies in die sand speel, oom. My boetie vra twee grafies en twee emmirtjies.
Ek weet nie mooi wat dit beteken nie oom, maar my pa vra dat Toetie en Die Ellende asseblief na hulle dingese toe gestuur moet word. Permanint, sê hy, oom. As oom dit kan doen sal almal in ons huis ‘n baie ristiger lewe ly, sê my ma.
Ek dink dit het dalk iets met rakbie te doen, oom Kersvader. My pa was ok mooi soet, oom en hy wil asseblief ‘n anner afrigter en beter spelers in die Bokkespan hê. Al wat my pa vra, is spelers soos daai wat vir die Kiewiete se Olblêks speel, oom. Spelers soos Boude Bêrrit, Riaan Krokkie, Sannie Bul Willemse en Kierang Riet, oom.
Oom Kersvader moet asseblief nie hierrie jaar vir die mense weer bomkrêkkers vir Kerfees bring nie, oom. Dit maak net ‘n freeslike geraas en dan word al die diere baie bang en my pa pluk sy . . . (kinders mag dit nie sê nie) en ek is bang dat my pa regtig sal doen wat hy sê hy gaan doen as oom Sakkie met die hoenders van langsaan weer gaan bomkrêkkers skiet.
Hoor my lied, sê my pa, as oom Sakkie nog een krêkker skiet, gaan hy een van daai bomkrêkkers in oom Sakkie se watsenaam (mag nie sê nie) opdruk en dit aan die brand steek. Dwars, sê my pa.
My ma is met min tevrede, oom. Sy sê ‘n mens kan maar net na my pa kyk en dan weet jy dis waar.
Maar ek dink my ma sal baie hou van oë wat ‘n mens kan glo. Altyd as my pa en sy vriende in ons sitkamer rakbie gekyk het en die Bokkespan of die Bulle het klaar verloor, dan kyk my ma so vir die sitkamer, skud haar kop en dan sê sy dat sy nie haar oë kan glo nie. Dan vra my ma dat iemand vir haar asseblief krag moet gee. Het oom dalk van dit?
Oom moet mooi ry en sê groete vir tannie Kersvader.
Dankie oom,
van Daantjie |