Klub maak harte oop vir tehuis PDF Print E-mail
News - Ons Mense
Thursday, 07 December 2017 06:00
Untitled Document

Die Alfa Romeo Klub van Pretoria het op Sondag 19 November skenkings, wat klublede deur die jaar bymekaargemaak het, by die Paul Jungnickelhuis gaan aflaai.


Kersfees-gebak vir inwoners en personeel

Dié Zwavelpoortse tehuis vir volwasse gestremdes is sedert 2008 die klub se gekose liefdadigheidsorganisasie en word aan die einde van die jaar besoek vir die oorhandiging van gebruiksartikels vir hulle Nickel Kersmark, asook nie-bederfbare produkte, soos badseep en tandepasta, vir inwoners.


Die skenkings is by die Paul Jungnickelhuis in Zwavelpoort afgelaai
Foto’s: Hendri du Plessis en Sylvia König

Die klub se vrouens het op die Kersfeestema koek gebak wat die personeel en inwoners met teetyd kon geniet.

 

© 2016 Die/The Bronberger
Powered and hosted by Bronberg Online