Rayton groet Gerty PDF Print E-mail
News - Ons Mense
Thursday, 07 December 2017 05:59
Untitled Document

Rayton se mense het op 7 November met ’n gedenkdiens van Gerty Fourie afskeid geneem. Gerty, ‘n ou bekende in die omgewing, is op 21 Oktober in die ouderdom van 96 jaar oorlede.

Die roudiens in die NG Kerk Rayton, gelei deur ds Chris Lötter, het gevolg op die diens wat op
27 Oktober in die Kaap gehou is.

In Junie het ons berig dat Gerty haar 96ste verjaardag verskeie kere gevier het. Sy het foto’s gestuur van die oggendtee saam met vriende wat sy 51 jaar lank geken het. Haar antwoord op wat sy doen om so op en wakker te wees was: “Bly besig en moenie sit en niks doen nie.”


Gerty Fourie

Gerty laat nege kinders, 22 kleinkinders en 29 agterkleinkinders agter.

“In haar lewe was sy ’n voorbeeld van liefde en troue sorg vir haar familie, ’n goeie vriendin met ’n oop hart en hand vir haar naaste, ’n blymoedige mens wat krag uit haar geloof in God geput het,” sê haar dogter, Antoinette Basson.

“Ons dank die Vader vir al die jare wat sy by ons kon wees, vir al haar liefde, omgee, humor en die voorbeeld wat sy vir ons gestel het. Haar heengaan word diep betreur deur haar kinders, familie en almal wat bevoorreg was om haar te ken. Ons gaan haar baie mis.”

 

© 2016 Die/The Bronberger
Powered and hosted by Bronberg Online