Het jy gehoor? / Have you heard? - Des2017 PDF Print E-mail
News - Het Jy Gehoor
Thursday, 07 December 2017 05:58
Untitled Document


Die laaste Windpomp Handwerkmark van die jaar is op 9 Desember van 8 vm tot 2 nm by Broodblik en Koffiepit op die R51 tussen Bapsfontein en Petit. Die eerste mark van die nuwe jaar is op
27 Januarie. Bel Adele by 083-445-1608.

~*~


Kungwini Welsynsorganisasie se Nickel Kersmark is nog aan tot 10 Desember, daagliks van 9 vm tot 6 nm. Daar is ‘n teetuin met ligte etes, ‘n biertuin, veilige parkering en bankkaartgeriewe. Jou aankope ondersteun volwasse gestremdes en help met werkskepping onder inwoners van die tehuis. Dié mark is in 2000 begin om fondse vir die organisasie in te samel en bied handgemaakte items van gehalte. Kungwini Welsynsorganisasie is op plot 214, Zwavelpoort, Lynnwoodweg-verlenging. Skakel 072-705-9636 of 012-940-0221.

~*~


ArtBox se laaste uitstalling van die jaar, ‘Laat daar lig wees’, is aan tot 15 Desember. Uitstallers speel met die tema van lig sonder flikkerende Kersliggies. Ongeveer 20 kunstenaars stal uit in mediums van skilderwerk, sketse, keramiek, waterverf, laserwerke, juweliersware, houtwerke en lampe in moderne ontwerpe. Daar is ook werke van TUT se juweliers afdeling-studente. Die bygaande foto is van Will Roux se ‘Enchanted light’ lasersnywerk met beligting. ArtBox is in Skilpadweg 86, Monumentpark. Skakel 012-346-0710.

~*~


Friends of the Rail se volgende stoomtrein-uitstappies na Cullinan is op 10, 16 en 17 Desember. Die trein vertrek om 8 vm vanaf Hermanstadstasie en staan vir ongeveer vier ure oor. Kaartjies kos R275 vir volwassenes, R225 vir pensioentrekkers en mense met gebreke, R200 vir tieners, R175 vir skoliere van sewe tot 12 jaar oud, R125 vir kinders van twee tot ses jaar en babas ry gratis saam. Skakel 012-767-7913 of 082-098-6186.

~*~


Op 16 Desember word daar van 9 tot 11 vm Geloftefees gehou by die Rooihuiskraal historiese terrein. Annemarie Carelsen, museumkundige en kurator van tekstiel, hout, leer, metaal en historiese interieur van die Ditsong Nasionale Kultuurhistoriese Museum lewer ‘n praatjie, genaamd ‘Kleredrag van die Voortrekkers 1835-1840 asook die 20ste eeuse weergawe daarvan’. Ds Frikkie van Wyk lei die Geloftediens. ’n Ensemble van musiekinstrumente begelei die samesang. Die historiese terrein is in Rooihuiskraalweg, suid van Hendrik Verwoerdweg, Wierdapark, Centurion.

~*~


Elke jaar op 16 Desember skyn die son om twaalfuur in die middel van die senotaaf by die Voortrekkermonument. Bokant die heldesaal is ‘n koepel met ‘n opening waardeur die son skyn. Die senotaaf is slegs ‘n simboliese graf, wat die rusplek van Piet Retief en al die Voortrekkers wat in die Groot Trek gesterf het, voorstel. Skakel 012-326-6770 of 012-323-0682, of stuur ‘n e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

~*~


Adieu Café is ‘n kafee-konsert wat op 31 Desember vanaf 10.30 nm by Atterbury-teater gehou word om die Nuwe Jaar te vier. Bariton Douwe Bijkersma sing die Nederlandse kabaretster, Herman Van Veen, se liedjies. Douwe is bekend vir ‘n verskeidenheid opera-rolle soos, Papageno (Magic Flute), Count Almaviva (Marriage of Figaro), Valentin (Faust), Figaro (Barbier van Seville), Dr Falke (Die Fledermaus) en Germont (La Traviata). Kaartjies kos R350. Die teater is in Daventrystraat 4, Lynnwood Manor. Skakel 012-942-5951.

~*~


Die Cullinan Premier Hotel hou ‘n Kersfees-middagete teen R350. Kinders onder 12 jaar oud betaal R120. Bel Franco vir besprekings by 012-734-1810 of stuur ‘n e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

~*~


Die Boskombuis hou ’n Oujaarsaanddans op 31 Desember teen R60 per persoon. Etes is beskikbaar en bespreking is nodig. Daar is gratis toegang vir kinders onder 12 jaar. Hulle hou ook ’n Kersete teen R190. Dit is ’n driegang maaltyd, slegs op bespreking, van 11 vm tot 3 nm. Die Boskombuis is op plot 65, Donkerhoek, naby die N4-Oos-snelweg. Bespreek by Renee: 083-485-2529 of This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

~*~


There will be a New Year’s Eve party at Madison Avenue night club at 2 Ernies Place, The Willows on 31 December from 8 pm to 4 am. Phone them at 071-609-2675.

~*~


Weiveld hou op 31 Desember ‘n groot Oujaarsaandpartytjie. Sitplekke by tafels moet voor 7.30 nm ingeneem word. Die Heuwels Fantasties tree dié aand op. Kaartjies kos R150 en is aanlyn beskikbaar by Ticketpro.co.za. Geen toegang vir kinders onder 18 jaar oud nie. Weiveld is op die hoek van die Boschkoppad en Lynnwoodweg-verlenging. Skakel 071-471-6698.

~*~


‘n Tradisionele Nuwejaarsfees met aktiwiteite vir jonk en oud word op 1 Januarie van 8 vm tot laatmiddag by die Pioniersmuseum in Silverton gehou. Dié gesinspretdag bied geleenthede vir braai of piekniek en daar gaan vlooimarkkraampies en volop eetgoed te koop wees. Boeresportaktiwiteite strek van sakresies, toutrek, ballongooi tot die pret paddaspringkompetisie. Daar is ook ‘n sweepklapkompetisie en kultuurdemonstrasies by die 1848 Pioniershuis. Gidse in periodedrag uit die 1840’s bied begeleide toere deur die waenhuis aan. Toegang vir volwassenes en studente is R30, vir senior burgers R20, vir kinders sewe tot 18 jaar R25, kinders drie tot ses jaar R10 en vir voorskoolse kinders gratis. Skakel 072-323-9758 of stuur ‘n e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

 

© 2016 Die/The Bronberger
Powered and hosted by Bronberg Online