Rommel in Tierpoort opgeruim PDF Print E-mail
News - Aktueel
Thursday, 07 December 2017 05:55
Untitled Document

Tierpoort hoewegebied, wat bekend is vir sy natuurskoon en rustigheid, het die laaste tyd deurgeloop onder rommelstorters. Inwoners meen dat dié ongewenste elemente grootliks die gevolg is van die gebruik van die gebied se paaie as deurgangsroetes.


Van die rommel wat in Tierpoort gestort is
Foto’s: Connie Jonker

Op Saterdag 4 November is daar weer vragte rommel in Tierweg en Luiperdstraat gestort. Tussen die gemors was daar ook mediese afval (spuite met naalde) en medisyneverpakkings asook ’n paar stelle nommerplate van ‘n ene mnr Nkosi.


Spuite met naalde en medisyneverpakkings wat die eienaar daarvan se naam duidelik dra

Inwoner Connie Jonker sê dat hulle die Dinsdag alles in Luiperdstraat verbrand en verwyder het en Tierweg die Woensdag opgeruim het. “Ons het dit gedoen omdat ons die eienaars van ‘n plot daar is en trots en lief is vir ons mooi omgewing,” sê sy.


Die nommerplate van ‘n ene mnr Nkosi

Connie sê dat die opruimingsproses hulle ‘n paar ure besig gehou het, omdat hulle nie die vure onbeman kon laat nie. Die gemors moes gereeld omgedolwe word om goed soos weggooidoeke, behoorlik te laat brand.


Die opruimingsproses

“Dit is duidelik dat daar ‘n totale gebrek aan respek vir die natuur en ook vir die inwoners van Tierpoort is, wat hulle bes probeer om die natuur en omgewing te bewaar,” sê Connie. 

 

 

© 2016 Die/The Bronberger
Powered and hosted by Bronberg Online