Bronnie se mense saal af PDF Print E-mail
News - Kommentaar
Thursday, 07 December 2017 05:51
Untitled Document

Die Bronnie se jaarlikse afsaalkans begin op Vrydag, 8 Desember, wanneer ons kantore vir bykans 'n maand sluit om weer op Donderdag, 4 Januarie 2018 oop te maak.

Ons Desember-uitgawe word soos gebruiklik vroeër as in ander maande versprei en Januarie se Bronnie weer effe later as gewoonlik. Dit gee ons die geleentheid om ook een keer per jaar ‘n bietjie uit te span.

Die sperdatum vir die nuwe jaar se eerste Bronnie is op Dinsdag 16 Januarie. Op Woensdag
17 Januarie begin die skole en is almal hopelik weer stewig terug in die saal en geesdriftig om van 2018 ‘n wenjaar saam met Die Bronberger te maak.

As alles na wense verloop, word die jaar se eerste uitgawe van die nuwe jaar vanaf Woensdag
24 Januarie versprei.

Ons sal steeds in die vakansietyd bereikbaar en beskikbaar wees. Vir enige navrae en advertensiebesprekings, bel Gerhard by 082-377-6807, Tania by 072-089-0227 of Angie by
083-959-1016 of stuur ‘n e-pos na This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it . Iemand sal ook op bystand wees om oproepe na ons kantoornommer, 012-734-0522, te beantwoord.

 

© 2016 Die/The Bronberger
Powered and hosted by Bronberg Online