Hoop beskaam nie PDF Print E-mail
News - Briewe
Thursday, 07 December 2017 05:48
Untitled Document

Ilse Ferreira van CMR Gauteng-Oos skryf:
Een gewone werksdag het ‘n maatskaplike werker, tussen al die ander oproepe en berge papierwerk deur, ‘n besondere oproep om hulp ontvang. ‘n Ses-maande oue VIGS babatjie moes uit die hospitaal ontslaan word en daar was niemand om vir haar ‘n huis te gee nie.

Vele oproepe het uiteindelik beteken dat baba Jane tydelik in ‘n plek van veiligheid geplaas kon word. Die maatskaplike werker was diep geraak toe sy die ses maande oue kindjie, wat ‘n skrale
2,5 kg geweeg het, gaan haal.

Nadat sy Jane by die hospitaal gaan haal het, moes sy terug kantoor toe, waar klein Jane se neus begin bloei het. Sy was nie voorbereid hiervoor nie. So baie kere voel maatskaplike werkers nie waardig om die verantwoordelikheid wat op hulle skouers geplaas word, te hanteer nie.

Klein Jane is in haar tydelike huis gevestig, wat ‘n permanente tuiste geword het. Elke week het die maatskaplike werker die baba sien floreer. Dink maar net hoe almal om haar intense emosies ervaar het met Jane se eerste verjaardagviering.

Dié stories van hoop is wat ‘n maatskaplike werker se lewe die moeite werd maak. Baie wag nog om gehelp te word. As jy kan help, bel CMR direkteur, Henda van der Merwe, by 072-801-0092.

 

© 2016 Die/The Bronberger
Powered and hosted by Bronberg Online