Bewarea se ‘Vingerklip’ PDF Print E-mail
News - Briewe
Thursday, 07 December 2017 05:45
Untitled Document

Gideon (Basie) van Zyl van die Bronberg Bewarea skryf:
Na aanleiding van die artikel in die November-uitgawe van die Bronnie, naamlik, ‘Bronberg miljoen jaar al deur mense bewoon’, stel ek graag hierdie foto beskikbaar van ons in die Bronberg Bewarea se eie ‘Vingerklip’.


Die Bronberg Bewarea se ‘Vingerklip

Dit is nou wel horisontaal, maar die ‘Vingerklip’ balanseer op ’n baie klein oppervlakte van die rots onder dit. Ek het die foto toevallig in dieselfde omgewing as die klipgepakte sirkelstrukture op die berg geneem.

Die artikel lui dat klipgereedskap, wat meer as twee miljoen jaar oud is, in die Bronberg Bewarea gevind is. Dié klippe, wat tekens van primitiewe afvlakking toon, dateer glo uit die Oldowan-deel van die Vroeë Steentydperk. – Red

 

 

© 2016 Die/The Bronberger
Powered and hosted by Bronberg Online