Leserslens November 2017 PDF Print E-mail
News - Rubrieke
Tuesday, 21 November 2017 19:45
Untitled Document

In ‘Leserslens’ plaas ons foto’s wat die aard en gevoel van die Bronnie se verspreidingsgebied uitbeeld, soos gesien deur die lens van ons lesers. Jy is welkom om jou foto’s te stuur aan This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of om dit op ons Facebook-blad te plaas.


Dit is maar min mense wat dit regkry om weerlig af te neem, wat nog te sê om te wys hoe die weerligstraal die grond tref. Dié foto is deur die 16-jarige Nina Louw op Klipkop geneem


Perd en kameelperd staar na mekaar op ‘n Klipkopse grondpaadjie
Foto: Nina Louw


Die son sak agter die grashalms op Klipkop
Foto: Nina Louw


Die vyfjarige Ruan van Vuuren, vierjarige Celia Smith en sesjarige Liam Smith voer die eende by die Willem Prinsloo Landboumuseum
Foto: Estelle van Vuuren 


Elaine Hope van Zwavelpoort het dié rooikwas, in Engels bekend as ‘African blood lily ’, Scadoxus puniceus, in Oktober afgeneem

            
Die 86-jarige Anna Oelofse van Kleinfontein is gek oor die kleur pienk. Sy spog hier in haar pienk bloes by haar bos pienk amarillis
Foto: Helena Coetzee


Dex die hans-donkie en sy dwergperdmaatjie geniet die groen gras van Tierpoort met nog beloftes van reën in die hemelruim
Foto: Nadine Bennet


Laatmiddag en die wolke hang belowend oor Welbekend se wêreld
Foto: Ronell van der Merwe


Sonsondergang op die pad na Nooitgedacht
Foto: Emma Koekemoer


Die ganskroos het mooi aangegroei op Thea Nigrini se hoewe in Faerie Glen, waar die Tina Skukan Galery ook gehuisves word


Bianca Steyn sê die plante in haar tuin het baldadig begin blom ná die lekker reëns van Oktober


Denice de Beer het dié jakarandaruiker op 1 November in Cullinan se Hospitaaldorp afgeneem


“Dis om beter te kan hoor, my kind . . .” Koedoetieners op ‘n rantjie naby Rayton
Foto: Emma Koekemoer


Die son kom op oor Welbekend
Foto: Ronell van der Merwe

 

© 2016 Die/The Bronberger
Powered and hosted by Bronberg Online