Het jy gehoor? / Have you heard? - Nov2017 PDF Print E-mail
News - Het Jy Gehoor
Tuesday, 21 November 2017 19:42
Untitled Document


Kungwini Welsynsorganisasie se Nickel Kersmark is van 25 November tot 10 Desember van 9 vm tot 6 nm. Dié mark is in 2000 begin om fondse vir die organisasie in te samel en bied handgemaakte items van gehalte. Daar is ‘n teetuin met ligte etes, ‘n biertuin, veilige parkering en bankkaartgeriewe. Jou aankope ondersteun volwasse gestremdes en help met werkskepping onder inwoners van die tehuis. Kungwini Welsynsorganisasie is op plot 214, Zwavelpoort, Lynnwoodweg-verlenging. Skakel
072-705-9636 of 012-940-0221.

~*~


‘Night at the Museum’ gives visitors the chance to explore their favourite displays at the Transvaal Museum after dark. Armed with flashlights, the adventure starts at 6 pm and ends the next day at
9 am. Participants meet at the Minnaar gate entrance at 5.30 pm and set up camp in the display hall of their choice. The programme is suitable for children aged six to 15. A minimum of 30 participants is required. The cost is R100 per person, excluding meals. Call the museum at 012-322-7632.

~*~


‘n Boerewors braai-kompetisie word op 25 November by Global Animal Supplies op Mooiplaats gehou. Die eerste prys is R5 000 kontant en die tweede prys ‘n worsstopper ter waarde van R4 500. Daar is geen inskrywingsfooi nie. Bel Chantelle by 082-817-3258.

~*~


‘n Kersmark word op Sondag 3 Desember van 9 vm tot 3 nm in Pamstraat 624, Rietvlei View gehou. Daar gaan ‘n verskeidenheid eetgoed wees, Kerspresente te kies en keur, ponieritte, ‘n springkasteel en baie pryse om te wen. Bel Soreta by 071-634-9168 of Chevon by 061-377-3508.

~*~


Mathys Roets se ‘Songs of Leonard Cohen’ is op 22 November om 8 nm by Atterbury-teater. In dié vertoning sal al die gewildste Cohen-liedjies gehoor kan word: Vanaf ‘Famous blue raincoat’ en ‘Suzanne’ reg deur tot ‘Hallelujah’. Mathys deel die verhoog met Liesl du Toit om Cohen se musiek weer te laat lewe. Kaartjies kos R150 tot R170. Die teater is in Daventrystraat 4, Lynnwood Manor. Skakel 012-942-5951.

~*~


Friends of the Rail se volgende stoomtrein-uitstappies na Cullinan is op 25 November en 2, 3, 10, 16 en 17 Desember. Die trein vertrek om 8 vm vanaf Hermanstadstasie en staan vir ongeveer vier ure oor. Kaartjies kos R275 vir volwassenes, R225 vir pensioentrekkers en mense met gebreke, R200 vir tieners, R175 vir skoliere van sewe tot 12 jaar oud, R125 vir kinders van twee tot ses jaar en babas ry gratis saam. Skakel 012-767-7913 of 082-098-6186.

~*~


Prime Circle is performing at the Rockwood Theatre in Moreleta Park on 28 November at 8 pm. The band first burst out of Witbank some 11 years ago, and since then Ross Learmonth, Dirk Bisschoff, Marco Gomes, Neil Breytenbach and Dale Schnettler have inspired hundreds of starry-eyed young rockers. Tickets cost R200. The theatre is in Garstfontein Road, Moreletapark. Phone: 012-368-1555.

~*~


Kaartjies vir vanjaar se ‘Afrikaans is Groot’-konsert het soos soetkoek verkoop en twee ekstra vertonings word by die Sun Arena by Time Square, Aramistlaan 209, Menlyn gehou. Dié vertonings is op 30 November om 7.30 nm en 3 Desember om 1 nm. Kaartjiehouers kan luister na kunstenaars soos Juanita du Plessis, Theuns Jordaan, Karlien van Jaarsveld, Dewald Wasserfall en Steve Hofmeyr. Die ekstra vertonings se kaartjieverkope word deur Computicket behartig. Kaartjies kos R175 tot R595. Skakel 086-084-6377.

~*~


Die Perdeplaas in Tierpoort hou van 12 tot 15 Desember ‘n Kersfeeskamp met perdry, kuns en kunsvlyt, veldritte en perdekoekies-bak. Bel Heidi by 072-239-0880.

~*~


Cullinan Premier Hotel hou op 5 Desember ‘n ‘Mad Hatters’ trou ekspo. Mense wat wil uitstal, kan Franco bel by 012-734-1810 of e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it . Die toegangsfooi vir die publiek is R50. Die hotel hou ook op 25 Desember ‘n Kersfees middagete teen R350 per persoon. Kinders onder 12 betaal R120.

~*~


Swawel Vet het op 25 November vanaf 9 vm ‘n inentingsdag wat gratis hondsdolheid-inentings insluit. Dié veearts is in die East Ridge-sentrum in Zwavelpoort, waar die Boschkoppad by Lynnwoodweg-verlenging aansluit. Skakel 012-941-9200.

~*~


‘Verstaan, beplan en installeer jou eie sonkragstelsel’ is die naam van ‘n kursus wat op
18 November van 8 vm tot 4 nm op die KragDag-terrein by Diamantvallei Landgoed op Rhenosterfontein gehou word. As jy gedink het sonkraginstallasies is bo jou vuurmaakplek, sal dié eendag-kursus jou toerus met die kennis om jou eie sonkraginstallasie te doen. Dit help jou ook om die regte aankoopkeuses te doen as jy sonkragstelselkomponente aanskaf.
Die kursus is ideaal vir Doen-Dit-Self entoesiaste, sowel as elektrisiëns. Die kursusfooi is R1 600 en die aanbieder is Rian Venter. Skakel 087-231-1644.

~*~


‘For the art of it’ is an open air art market held from 24 to 26 November at Residence at Home, Nkwe Road, Tierpoort. Entrance is R30 and children under 12 enter for free. There will be live music, painting workshops, a paint night, food stalls and live painting. For more information: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it or 082-221-5400.

~*~


Windpomp Handwerkmark is op 25 November van 8 vm tot 2 nm by Broodblik en Koffiepit op die R51 tussen Bapsfontein en Petit. Bel Adele by 083-445-1608.

~*~


The Bonsai Addicts Maze is held on 25 and 26 November and 1, 2 and 3 December from 9 am to
5 pm at the corner of Lynnwood Road and Rubida Street, The Willows. There will be demonstrations, a sales area and tree workshops. Style your own Juniper with help from Bonsai club members. Phone Antony Smith at 083-437-1707.

~*~


Cullinan Junction hou op 26 November vanaf 12 uur ‘n potjiekoskompetisie. Porsies word te koop aangebied en daar is verskeie pryse te wen. Deelnemers aan die kompetisie betaal ‘n R50 inskrywingsfooi. Bel Kat by 084-579-1803.

~*~


‘n Elektronika beginnerswerkswinkel word op 9 Desember van 8 vm tot 4 nm op die KragDag-terrein by Diamantvallei Landgoed op Rhenosterfontein gehou. Die kursus word deur Kin le Roux  aangebied en jy leer hoe ‘n mikro-beheerder werk, waaruit dit bestaan en hoe om programme op ‘n mikro-beheerder te laai. Jy sal kans kry om die programmering-sagteware op jou skootrekenaar te laai en te gebruik. Na die teoretiese agtergrond is daar praktiese projekte, soos outomatisering van waterkleppe en temperatuur-regulering. Die kursus kos R1 000 plus R400 vir die elektronika. Skakel 087-231-1644.

 

© 2016 Die/The Bronberger
Powered and hosted by Bronberg Online