Ruiters gedenk slag van Majuba |
|
|
News -
Ons Mense
|
Wednesday, 18 March 2009 07:37 |
Untitled Document
Sewentien ruiters, van 10 jaar
oud tot in die sewentigs, het
op Saterdag 21 Februarie van
Rayton tot Kleinfontein gery ter herdenking
van die Slag van Majuba.
Hulle het om 12 vm uit Rayton
vertrek en met die gewapper van ’n
aantal vlae hul opwagting teen so
1.30 nm op Kleinfontein gemaak.
Dié voor-fees op Kleinfontein, met
uitstallings, praatjies, pannekoek,
vetkoek en kerrie-en-rys, is gereël
om nie te bots met die hooffees op
Majuba nie, gehou van 27 Februarie
tot 1 Maart.
Die Slag van Majuba was die laaste
van vier militêre botsings tussen
Groot-Brittanje en die Boere van
Transvaal in die Eerste Vryheidsoorlog,
van Desember 1880 tot
Maart 1881.
Die slag het op 27 Februarie 1881
plaasgevind. Die Boere se oorwinning
het die Britte gedwing om
Transvaal weer sy vryheid te gee,
nadat dit op 12 April 1877 geannekseer
is.
Dié anneksasie was ’n verbreking
van die Sandrivier-konvensie van
1852.
 Moeë ruiters kom op Kleinfontein aan so ?n uur en ?n half nadat hulle by
Rayton weggespring het
|