Heinrich se honderdste PDF Print E-mail
News - Ons Mense
Tuesday, 21 November 2017 19:26
Untitled Document

Heinrich Kamffer het op 28 Oktober geskiedenis gemaak toe hy die eerste man geword het om sy honderdste ‘parkrun’ te wen.

Hy het die enkel-rondte op die plat landskap van Doringdraad so 3 km buite Bapsfontein gekies om dié geskiedkundige wen aan te durf.


Heinrich Kamffer

Die konsep van ‘n ‘parkrun’ is deur Bruce Fordyce uit Britanje na Suid-Afrika gebring. Dit is ‘n gratis 5 km pretdraf of -stap in ‘n park-omgewing en word wêreldwyd deur vrywilligers aan die gang gehou.

Die eerste Bapsfonteinse draf was op 2 September en word deur die egpaar Troskie en Wilma Neethling van die plaas Doringdraad gereël.

 

© 2016 Die/The Bronberger
Powered and hosted by Bronberg Online