Hervorming gedenk PDF Print E-mail
News - Ons Mense
Tuesday, 21 November 2017 19:26
Untitled Document

NG Kerk Rayton het ‘n monument opgerig om die 500 jaar van Hervorming te gedenk. Die monument is op 29 Oktober ingehuldig.

In die kopstuk is ‘n bottel verseël met briefies, wat die kinders van die gemeente geskryf het oor hulle ervaring van die geleentheid. Die bottel is in die kopstuk toegemessel en sal na 25 jaar oopgemaak word.


Hennie Malan en sy kleinseun, Llewellyn Louw, by die monument

Die onthulling van die monument is deur die oudste oupa wat die dag in die kerk was, Hennie Malan, en sy kleinkind, Llewellyn Louw, gedoen. Die sement om die monument was nog klam en almal is versoek om hulle duim- of handafdrukke in die sement te maak.

 

© 2016 Die/The Bronberger
Powered and hosted by Bronberg Online