Bronberg-gebied ondersteun Swart Maandag PDF Print E-mail
News - Ons Mense
Tuesday, 21 November 2017 19:24
Untitled Document

Die Bronberg-gebied se mense het op Swart Maandag, 30 Oktober, by verskeie plekke in die omgewing byeengekom om te sê genoeg is genoeg – dit is tyd dat die plaasmoorde moet ophou.


Lede van die beveiligingsgroep vir Mooiplaats, Zwavelpoort en Tierpoort (MZT) het in Lynnwoodweg-verlenging (Grahamweg) byeengekom. Vir die kleinspan was dit ’n geval van heeltyd speeltyd voor die verrigtinge in erns begin het
Foto: Trix van den Berg


Bronkhorstspruit se mense het in groot getalle aan Swart Maandag se verrigtinge deelgeneem
Foto: verskaf


Een van die baniere wat by ’n protesbyeenkoms op Bapsfontein vertoon is
Foto: verskaf


Rayton en omgewing se mense het ’n gebedsbyeenkoms op Kaalfontein by die
Jan Ellis-sentrum gehou
Foto: Karen Yssel

 


Op ’n Dinokeng-wildsplaas naby Cullinan het die personeel en die plaashond hulle
bewusmakingsdeel gedoen
Foto: verskaf


Met die son wat begin sak was die mense van Welbekend en omgewing nog doenig langs die pad tussen Bapsfontein en Bronkhorstspruit
Foto: Sunette Ahlers du Toit


Eensdenkendes het in groot getalle voor die vulstasie op Welbekend opgedaag
Foto: Sunette Ahlers du Toit


Vierhonderd-vyf-en-vyftig mense rondom Welbekend het tussen 5 nm en 7 nm hulle solidariteit teen alle plaasmoorde gewys deur vreedsaam saam te bid. Die ordelike byeenkoms is deur kolonel Cronjé en sy span van die SAPD Welbekend bygewoon
Foto: Laurette van der Vyve

 

© 2016 Die/The Bronberger
Powered and hosted by Bronberg Online