Miljoen Rand se vervalste skoene gevind PDF Print E-mail
News - Aktueel
Tuesday, 21 November 2017 19:22
Untitled Document

Die Boschkopse polisie se landelike beveiligingspan saam met R&LU Sekuriteit het op 27 Oktober op 18 bale vol vervalste skoene beslag gelê.

’n Mosambiekse burger is langs die R515, wat Cullinan en Rayton met die Bronkhorstspruit-Bapsfontein-pad (R25) verbind, in hegtenis geneem. Die bale vol skoene, wat namaaksels van bekende skoenfabrikate is, is glo oor die Mosambiekse grens ingesmokkel.

Die bale is langs die R515 in die veld versteek en ’n lid van die publiek het opgemerk dat iets verdag lyk. Die skoene se straatwaarde is ongeveer R1 miljoen.


Lede van R&LU sekuriteit met van die bale waarop beslag gelê is

A/O Wynand van der Merwe en sersant Frik Smit van Boschkop SAPD bedank die gemeenskap en die veiligheidsonderneming en sê dat die arrestasie nie sonder hulp maklik moontlik sou gewees het nie.

“Met elke vervalste item wat in ons land ingesmokkel word verloor ons eie mense werk en word ons ekonomie ernstige skade berokken,” sê Wynand.  

Verdere ondersoek op die saak gaan voort en daar word vermoed dat die verdagte deel van ’n groter sindikaat was.

 

© 2016 Die/The Bronberger
Powered and hosted by Bronberg Online