Wil vuisslaan oor Bronnie PDF Print E-mail
News - Briewe
Tuesday, 21 November 2017 19:18
Untitled Document

Gerda Palm van Pretoria skryf:
Ek dagboek die datum altyd vir die volgende uitgawe. Ek kry my Bronnie by Boma slaghuis. Dan kry ek altyd twee – een vir my en een vir ’n vriendin.

As sy klaar gelees het gaan Die Bronberger na haar moeder toe in Frankfort (Vrystaat). Daar wil die oumense weer vuisslaan oor Die Bronberger. Ja, hierdie Bronberger is oral oor baie gewild. Dankie, julle.

 

© 2016 Die/The Bronberger
Powered and hosted by Bronberg Online