Wil groep stig PDF Print E-mail
News - Briewe
Tuesday, 21 November 2017 19:17
Untitled Document

Johan Olivier van die Bronberg-gebied skryf:
Ek wil graag ’n wildgroepie stig vir effektiewe kommunikasie tussen wildeienaars in die Bronberg-gebied. 

Dit is baie belangrik dat die genepoel in troppies bestuur word en inteling vermy word. Ek glo daar is heelwat wildeienaars (ek is self in dié posisie) wat ramme moet verkoop en nuwe teelbloed moet inbring. Kan ons as wildeienaars nie met mekaar saamwerk deur uitruilings en koop-en-verkoop nie?

Daar word soveel waarde tot ons streek toegevoeg deur rond te ry en onverwags wild te sien. Wat ’n plesier is dit nie. 

Kontak my by: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of 082-773-3439.

 

© 2016 Die/The Bronberger
Powered and hosted by Bronberg Online