Buffel het Job se geduld PDF Print E-mail
News - Aktueel
Wednesday, 18 March 2009 05:12
Untitled Document

Kan ’n buffel mak gemaak word? Mak genoeg om op te ry? Kyk ’n bietjie wat doen ’n klomp Waterbergers met ’n buffel genaamd Job.

In verlede maand se Bronberger het ons vertel dat Rosa Swanepoel in haar Pretoria geselsbrief geskryf het dat dit wil voorkom asof buffels in 1899 deur die polisie as rydiere gebruik is.

In reaksie op dié stelling het Elsie Roelofse laat weet dat die mense in die Waterberge buffels makmaak. Die Bronberger het ’n aantal foto’s ontvang waar oom Stoffel Nel, sy skoondogter Riamie Nel, seun Willie Nel en ’n kuiergas, Frans Human, elk posisie inneem bo-op ’n buffel. Die foto’s is op die plaas Walkerskloof geneem.


Oom Stoffel Nel vertrou nie die buffel, Job, se geduld nie en klou maar net vir ingeval aan ?n hoekpaal vas

Skoondogter Riamie Nel lyk of sy ?n bietjie meer selfvertroue het as Oom Stoffel

Kyk, ek sit loshande, s kuiergas Frans Human
.

Willie Nel lyk rustig, maar hy sit so half skeef ? gereed om af te spring

 

 

© 2019 Die/The Bronberger