Raadslid moet help PDF Print E-mail
News - Briewe
Tuesday, 21 November 2017 19:11
Untitled Document

Gellie Geldenhuys van Kameeldrift Oos skryf:
Die lesersbrief, ‘Wil petisie opstel’ deur Anoniem in julle Oktober-uitgawe verwys:

Dit moet te alle tye in gedagte gehou word, dat die hele metropool in wyke verdeel is en dat die onderskeie raadslede deur die grondeienaars en inwoners verkies word om na hulle (grondeienaars en inwoners) se belange om te sien.

Hulle word ook by wyse van ’n maandelikse salaris vanaf die Stad Tshwane vergoed; gelde wat afkomstig is vanuit ons belastingbydraes. Die verkose raadslede se eerste prioriteit is dus die belang van die grondeienaars en inwoners en nie die belange van die owerheid aan bewind nie.

Laat Anoniem van Boschkop dus die plaaslike raadslid deur haar gemeenskap-organisasie kontak. ’n Petisie gaan baie lank neem om die probleem aan te spreek.

 

© 2016 Die/The Bronberger
Powered and hosted by Bronberg Online