Kan jy help? PDF Print E-mail
News - Briewe
Tuesday, 21 November 2017 19:10
Untitled Document

Maxie Willemse van die Bronberg-gebied skryf:
Kan ons asseblief vir Bronnie-lesers vra om iemand te help? Die vrou wil nie graag haar naam publiseer nie, aangesien dit vir haar ‘n verleentheid is.

Sy is ‘n werklose blanke dame wat graag as huishoudster of oppasser en omsiener wil werk. Sy is
60 jaar oud en in goeie gesondheid. Sy verkies ‘n landelike omgewing.

Sy het matrikuleer aan ‘n landbouskool en haar hoogste kwalifikasies is nasionale diplomas in analitiese chemie en polimeer tegnologie. Sy het ‘n motor bestuurslisensie, maar nie eie vervoer nie.

Sy sal graag wil inwoon op die perseel aangesien sy nie verblyf het nie. Sy het ook baie goeie ondervinding in die versorging van diere.

Bel my, Maxie, by 083-400-6943.

 

© 2016 Die/The Bronberger
Powered and hosted by Bronberg Online