Dankie, Bronnie PDF Print E-mail
News - Briewe
Tuesday, 21 November 2017 19:08
Untitled Document

Lila Oechler van Elandshoek skryf:
Ek het vandag ’n Bronberger gekry by Donkerhoek Veearts en wou net baie, baie dankie sê vir die pragtige voorblad, artikel en plasing van die foto’s van my sebras en Vicky daarin.

Die goeie navorsing omtrent die ander sebras in Oos-Afrika, Rothschild se sebra-koets, die Zeederberg Poskoets, asook al die ander foto’s en berigte was ook baie interessant om te lees.

Nogmaals baie dankie vir so ’n oulike tydskrif en vir al die harde werk. Ek sal in kontak met julle wees om ’n advertensiespasie te koop vir my Dinokeng Zebra Safari Tours.

Lila se sebra-advertensie is op bl 31 van hierdie uitgawe. – Red

 

© 2016 Die/The Bronberger
Powered and hosted by Bronberg Online