Seniors vier 50e byeenkoms PDF Print E-mail
News - Ons Mense
Saturday, 21 October 2017 16:05
Untitled Document

In die “mooiste, mooiste maand” is Tierpoort se Seniors met ‘n fyn tee getrakteer ter herdenking van hulle 50e maandelikse byeenkoms.


Ella Lösch, Barry en Joan Annandale word deur Theresa Joubert en Hanelie Jaume bedank

Die geleentheid was by die Annandales se Bushwillow Lodge, Nkwe-weg, Tierpoort. Hanelie Jaume het almal verwelkom en meer oor die Seniors se geskiedenis vertel.


Die Seniors kon kies en keur aan die soutgeregte

Lucy Joubert het in April 2013 ‘n uitnodiging aan die gemeenskap gerig om ‘n komitee op die been te bring om na die talle seniors in Tierpoort se belange om te sien. ‘n Vergadering is met vrywilligers Hanelie Jaume, Theresa Joubert en Marietjie Alers gereël. Die eerste byeenkoms was op 17 April 2013 by Shokran.


Deon Alers stel die heildronk in op die Seniors

Maureen Schorr bedank die komitee namens die Seniors

Die komitee het geleidelik tot 10 mense gegroei, met Linda Meintjies as voorsitter.

Maureen Schorr het die komitee namens die Seniors vir die maandelikse hoogtepunt in elke senior se lewe bedank. Deon Alers het die heildronk op die Tierpoort Seniors ingestel.


Die komitee, voor: Liz Adams en Linda Meintjies. Agter: Mariaan Anderson, Elaine Bothma, Hanelie Jaume, Marietjie Alers, Mariet van Niekerk en Theresa Joubert.  (Afwesig: Yvette Botha en
Amorien van Heerden)

Die tafels was keurig en smaakvol gedek en versier deur Mariaan Anderson en Joan en Barry Annandale. Gasvroue Joan Annadale en Ella Lösch het ook ‘n geskenkpakkie met keurige gebak by elke bord gedek. Die Inkalelies vir die ruikers was ‘n geskenk van Linda en Piet Meintjies.


Sandy Cox se laaste byeenkoms voordat sy na Jeffreysbaai verhuis

Mercia van Niekerk, ‘n gewese Tierpoorter en komiteelid, was ‘n eregas

Elke gas en komiteelid het ‘n hout sleutelhouer met die Seniors se embleem en die 50ste geleentheid se datum daarop gegraveer, ontvang. Dit is deur Miempie Pieterse van Afriqcut gemaak en geskenk.


Die reuse verjaardagkoek tussen keurige soet gebak

Die kostafels het gekreun onder die sout- en soethappies, voorberei deur die komitee. ‘n Reuse sjokolade koek met ‘n 50 in silwer is deur komiteelede Linda Meintjies en haar dogter Yvette Botha gebak en versier.

Daar was ‘n deurlopende skyfievertoning van die vorige 49 byeenkomste.
 

 

© 2016 Die/The Bronberger
Powered and hosted by Bronberg Online