Skoonheid help herwin PDF Print E-mail
News - Ons Mense
Saturday, 21 October 2017 15:59
Untitled Document


Amoré Meyer, ’n Mev Suid-Afrika finalis, het Laerskool Witpoort op 30 Augustus saam met ‘Ronnie Recycler’, Mpact Recycling se gelukbringer, en Johannes Mohlala van Mpact besoek. Mpact, ‘n papierherwinner, het vir die derde jaar ‘n vennootskap met dié skoonheidskompetisie. Finaliste besoek skole om herwinningsbewustheid te skep en die belangrikheid van omgewingsbewaring oor te dra. Herwinning is deel van Witties se leerplan en die skool vra dat mense hulle ou papier, tydskrifte, koerante en kartonne vir die skool skenk as deel van hulle fondsinsamelingsprojek.

 

© 2016 Die/The Bronberger
Powered and hosted by Bronberg Online