Ekologie-groep hou boomplant en braai PDF Print E-mail
News - Ons Mense
Saturday, 21 October 2017 15:58
Untitled Document

Die Ekologie-groep van die NG-Kerk Rayton het op Maandag 25 September op die kerkterrein bymekaar gekom om die algemene boom van die jaar, die blinkblaar-wag-‘n-bietjie, te plant.
Die groep-voorsitter, Paul Bosman, het ‘n kort praatjie oor die belangrikheid van bome vir die voortbestaan van alle lewende wesens, gehou.


Die NG Rayton-gemeente se Ekologie-groep
Foto’s: Paul Bosman

Daarna het die groep na die Wildpark van die Premiermyn vertrek. Daar het hulle lekker gekuier om mekaar beter te leer ken. Daar is ‘n groot braai gehou, ook om die braaidag van die jaar te vier. Daar was verskeie slaaie, wat deur die vroue van die kerk voorberei is en elkeen het sy eie versnaperinge, eet- en drinkgoedjies saamgeneem.


Dominee Chris Lötter plant die boom van die jaar

Twee wildbesigtigingsritte is onderneem om ‘n groot verskeidenheid diere, voëls en bome te besigtig.
Die hoof doel van die Ekologie-groep is om by mense die belangrikheid van die bewaring van die natuur tuis te bring en ‘n liefde vir die natuur te kweek.

 

© 2016 Die/The Bronberger
Powered and hosted by Bronberg Online