Garsies wen bergfiets-liga PDF Print E-mail
News - Ons Mense
Saturday, 21 October 2017 15:57
Untitled Document

Garsfontein Hoërskool is as algehele wenners van die 2017 Spur Nasionale Bergfiets-liga aangewys.

Dié titel kom ná Garsies se span vir ‘n kampioen-vertoning gesorg het by die nasionale kampioenskappe wat op 7 en 8 Oktober by Hoërskool Bekker net buite Magaliesburg aangebied is.


Die wenspan

Die bergfiets-reeks word landwyd aangebied en ongeveer 11 000 ryers van skole reg oor Afrika ding mee. Die top skole word bepaal ná vier wedrenne in elke provinsie en dring dan deur na die nasionale kampioenskappe.

Elke wedren bestaan uit ‘n baan van 4–6 km met verskeie tegniese hindernisse waar seuns en meisies in verskillende ouderdomsgroepe in aparte wedrenne deur die loop van die dag deelneem. Om ‘n goeie prestasie in die reeks te verseker moet elke ryer van die skool deurlopend deur elke wedren goed presteer.

 

© 2016 Die/The Bronberger
Powered and hosted by Bronberg Online