Die NG Gemeente Premiermyn bied op 28 Oktober vanaf 10 vm ’n Dames-feesoggend met Willie Strauss aan. Kaartjies kos R100. Bespreek by Tina Brink: 083-865-0563. Die fees word in die gemeente se ‘Shack’ by Zonderwaterweg 12, Cullinan gehou.
~*~
‘n Kosfees vir diegene wat geen diereprodukte eet of gebruik nie word op 12 November van 9 vm tot 4 nm by Klitsgras Tromsirkel in Tierpoort gehou. Daar is ‘n verskeidenheid kraampies wat kos en skoonheidsmiddels verkoop, speletjies vir alle ouderdomme met die fokus op familie en vriende, musiek-interaksie vir kinders en ‘n opvoering vir volwassenes. Die dag begin om 8.30 vm met meditasie, gelei deur Wiam Otto. Teen 9 vm bied Nadya Booyse ‘n joga-klas aan. Daar is musiekopvoerings in die middag en ‘n verrassing-gasspreker om 1 nm. Vir meer inligting, stuur ‘n e-pos:
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
. Bel Nina by 084-207-2914; Henry by 072-187-2986; of Melissa by 073-151-4392. Klitsgras is op die hoek van Tierpoort- en Leribisi-weg.
~*~
‘Kies en begin jou eie besigheid’ is die naam van ‘n werkswinkel wat op 21 Oktober van 8 vm tot 4.30 nm op die KragDag-terrein by Diamantvallei Landgoed op Rhenosterfontein aangebied word. Die koste is R1 800 en die aanbieder is Elmo Lombard, wat verskeie van sy eie sake-ondernemings besit het, soos ‘n digitale bemarkingsonderneming wat ondernemings help om hulle produkte en dienste aanlyn te bemark. Skakel 087-231-1644.
~*~
Die jaarlikse diamantstormloop, Nissan #TrailSeekerGP5, word op 4 November vanaf 6.30 vm by die Cullinanse sportgronde aangebied. Dié bergfiets-resies bestaan uit roetes in gebiede wat nie gewoonlik vir toeriste oopgestel word nie. Die langer roetes is tussen wild en fietsryers ry op die rand van ‘n massiewe waterval en deur ‘n grot. Daar is ‘n Bavaria Biertuin, baie koskraampies, ‘n uitstallingsgebied, klubarea, kinderoppassers, waterpunte, masserings en mediese dienste. Die sportgronde is op die hoek van die R513 en Olienhoutstraat, Cullinan. Bespreek by: http://advendurance.com/trailseekerseries/.
~*~
Die volgende Windpompmark is op 28 Oktober van 8 vm tot 2 nm by Broodblik en Koffiepit op die R51 tussen Bapsfontein en Petit. Bel Adele by 083-445-1608.
~*~
Joe Foster en Quentin Prinsloo tree op 25 November by die Thulani Plaasteater in Tierpoortweg, Tierpoort op. Kaartjies kos R300 en sluit ’n driegang maaltyd in. Skakel 083-601-6126 of stuur ‘n e-pos aan
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
.
~*~
Kaartjies vir gebeure by die Cullinan Premier Hotel is beskikbaar by www.cullinanpremierhotel.co.za of 012-734-1810.
21 Oktober: Wyn en Skilderdag – Skilder terwyl jy ’n glasie wyn geniet met ’n ligte organiese maaltyd vir R400.
28 Oktober: Steam Punk Halloween Wyn en Kos-extravaganza – Geniet die gees van Halloween met ’n verskeidenheid wyne en disse teen R150.
4 November: Wyn en Skilderdag – Skilder terwyl jy ’n glasie wyn geniet met ’n ligte organiese maaltyd vir R400.
19 November: Klein ‘Vintage’ Trou Ekspo.
4 Desember: ‘The Mad Hatter’ Trou Ekspo.
25 Desember: Kersfees middagete teen R380. Kinders onder 12 jaar oud betaal R200.
~*~
‘Introduction to Aquaponic’ is the name of a workshop held on 11 November from 8 am to 4.30 pm at the KragDag terrain at Diamantvallei in Rhenosterfontein. The cost is R1 500 and you will learn how fish and vegetables can be grown in a closed, biological system. The course will be presented by Colin and Annemarie Bremner from Kleinskuur Aquaponics, the largest aquaponic system in South Africa, which is currently being developed just around the corner from Diamantvallei.
~*~
Arno Jordaan kuier op 27 Oktober by Weiveld. Toegang is R50. Deure open om 7 nm en geen kinders onder 18 jaar word toegelaat nie. Die optrede is tussen 9.15 en 10 nm. Weiveld is in Zwavelpoort by die T-aansluiting van die Boschkoppad met Lynnwoodweg-verlenging. Skakel 071-471-6698.
~*~
You are invited to the opening of an exhibition of a series of 23 oil paintings of Pretoria of the 1860–1900 period by Eric Bolsmann at the 20/20 Galery at the Voortrekker Monument and Heritage Site on 1 November at 10 am. RSVP at 012-326-6770. The speaker is Anton Loubser, retired RSA ambassador and honorary counsellor, International Association of Arts. The exhibition is on until
18 December from 10 am to 5 pm. Phone Eric at 012-362-6698.
~*~
Die volgende Sinkhuismark is op 11 November van 10 vm tot 3 nm in Rossstraat 32, Cullinan. Jy kan navraag doen per e-pos by
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
of gaan kyk na die Sinkhuismark se facebook-blad.
~*~
Alain Nortje stal tot 31 Oktober by Artbox in Skilpadweg 86, Monumentpark uit. Alain bied al meer as 30 jaar kunsopleiding aan as ‘n onderwyser, lektor en by sy eie kunsskool. Sy werk is opgeneem in die versamelings van verskeie sake-ondernemings, opvoedkundige instellings, stadsrade en private versamelings, plaaslik en oorsee. Alain geniet dit om verskillende mediums te beproef, om style en onderwerpe af te wissel en om kleure en teksture laag op laag op te bou. Vir meer inligting, skakel 012-346-0710.
~*~
Waterlake Farm hou op 22 Oktober van 11 vm tot 4.30 nm ‘n opedag met pret vir die hele gesin. Daar is vermaak vir kinders, musiek, koskraampies en gelukkige trekkings waar ‘n Mega Master braaier ter waarde van R3 000 gewen kan word. Bel Gilda by 082-595-0072.
~*~
‘Anna Davel in Konsert’ word op 28 Oktober om 8 nm by Atterbury-teater aangebied. Die program is saamgestel uit gunstelinge van haar repertoire, soos ‘Die gypsy in jou oë’, asook musiek van haar nuutste album ‘Moment’. Vanjaar is dit musieklegende Ella Fitzgerald se 100ste verjaardag en Anna sing ’n paar van haar grootste treffers. ‘Swing’ musiek van die vorige eeu (Frank Sinatra, Nat King Cole en Nina Simone) word met Afrikaanse lirieke uit Anna se eie pen afgewissel. Saam met haar op die verhoog is Amerikaanse pianis en musiekregisseur, John Fresk. Kaartjies kos R150 tot R170. Die teater is op die hoek van Lynnwood- en Daventryweg, Lynnwood. Skakel 012-471-1700.
~*~
‘Dingetjies en Goetertjies’ is ‘n eenmanstuk by die Rockwood-teater deur Jonathan van die Oos Rand en word op 1, 8 en 15 November om 8 nm aangebied. Die vertoning gaan oor die alledaagse dingetjies en goetertjies van die lewe. Hy probeer veral sin maak van dit wat ons maklik kan irriteer van mekaar. Geen kinders onder 16 jaar oud word toegelaat nie. Kaartjies kos R150. Die teater is in Garstfonteinweg, Moreletapark. Skakel 012-368-1555.
~*~
Friends of the Rail se volgende stoomtrein-uitstappies na Cullinan is op 29 Oktober en 5 November. Die trein vertrek om 8 vm vanaf Hermanstadstasie en staan vir ongeveer vier ure oor. Kaartjies kos R275 vir volwassenes, R225 vir pensioentrekkers en mense met gebreke, R200 vir tieners, R175 vir skoliere van sewe tot 12 jaar oud, R125 vir kinders van twee tot ses jaar en babas ry gratis saam. Skakel 012-767-7913 of 082-098-6186.
|