Ockert in botsing op pad na vliegongeluk PDF Print E-mail
News - Aktueel
Saturday, 21 October 2017 15:43
Untitled Document

‘n Bekende inwoner van Boschkop en aktiewe lid van die omgewing se gemeenskapbeveiligings-
groep, Ockert Offerman, is op Vrydag 6 Oktober ernstig in ‘n motorbotsing beseer toe hy op pad was om hulp te verleen by ’n vliegtuigongeluk in die gebied. Die bestuurder van die ander voertuig in die botsing is oorlede. Sy naam kon teen druktyd nog nie bekend gemaak word nie.


Ockert Offerman

Ockert is per helikopter na Milpark Trauma Hospitaal geneem waar hy ‘n operasie ondergaan het. Hy is behandel vir 12 gebreekte ribbes, sy een long is deur die ribbes binnegedring, sy sleutelbeen is gebreek, ‘n rugwerwel is gebreek en hy het harsingskudding opgedoen.

Dokters was positief dat Ockert ten volle sal herstel, maar hy sou vir minstens ‘n paar weke vir behandeling en rehabilitasie in die hospitaal moes bly.

‘n Berig oor die vliegtuig wat geval het, is op bl 6 van hierdie uitgawe.

 

© 2016 Die/The Bronberger
Powered and hosted by Bronberg Online