Wil petisie opstel PDF Print E-mail
News - Briewe
Saturday, 21 October 2017 15:31
Untitled Document

Anoniem van Boschkop skryf:
Iemand wat ek ken was die einde van September in ‘n motorongeluk in Grahamweg (Lynnwoodweg-verlenging) naby Plantland. ‘n Motoris van Lombardy Kantoorpark se kant af wou nie soos die res sy beurt afwag om stad se kant toe in te draai nie. Hy het aan die linkerkant van die wagtende voertuie verby gery, Zwavelpoort se kant toe gedraai, ‘n U-draai gemaak en die ongeluk so veroorsaak.

Mense wag dikwels tot 20 minute by sommige aansluitings by Lynnwoodweg-verlening. Ek wil hoor of Die Bronberger kan help met ‘n petisie waar ons ten minste aandring op vier-rigting stoppe by die volgende plekke: Lombardy Landgoed en Strubenstraat; Lombardy Kantoorpark en Colestraat; en veral die T-aansluiting by Bronberg Wynlandgoed waar die winkelsentrum se ingang ook is.

Die spoedgrens op dié pad wissel tussen 60 en 80 km/h en dra baie verkeer. Ek is seker dat ander lesers sal saamstem dat die ideaal eintlik ‘n verkeerslig by elkeen van die oorgange sou wees.

Ek is daarvan oortuig dat dit baie met veiliger verkeersvloei sal help as motoriste gedwing word om telkens te stop. Ek sou tog graag ander motoriste se kommentaar op so ‘n voorstel wou hoor. Kan julle dalk help?

Lesers is welkom om hulle kommentaar na This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it te stuur, praat hieroor op die Bronnie se Facebook-blad of skakel ons kantoor by 012-734-0522. – Red

 

© 2016 Die/The Bronberger
Powered and hosted by Bronberg Online