Toeka inspireer PDF Print E-mail
News - Briewe
Saturday, 21 October 2017 15:29
Untitled Document

Ferdi Vorster van Pretoria skryf:
Die artikel in julle Junie-uitgawe oor die spookhuise: Baie geluk met en baie dankie vir die pragtige artikel. Dit was vir my baie stimulerend. Tot so ’n mate dat ek moeite gedoen het om die huise te besoek, behalwe die een in Cilliersstraat, wat ek wraggies nie kon opspoor nie.

Die een in Rissikstraat-wes is nou ’n Sondagskool van ’n Engelse denominasie en die ander een laer af is ’n gastehuis vir TUT (NZASM-huis).

Waar vind ’n mens uit wanneer die spookbustoer weer plaasvind?

Baie dankie vir jou belangstelling in Die Bronberger. Meer inligting oor die spookbustoere is by www.mysteryghostbus.co.za. – Red

 

© 2016 Die/The Bronberger
Powered and hosted by Bronberg Online